Operasie Sinitsia

Kusminof (regs) met Oekraïense militêre intelligensie offisiere.

Operasie Sinitsia (Oekraïens : Операція Синиця, Afrikaans: Operasie Mees) was 'n operasie wat deur die Oekraïne se hoofdirektoraat van intelligensie uitgevoer is om die oorlopery van die Russiese Mi-8-helikoptervlieënier Maxim Kusminof te fasiliteer. Nadat hy voorheen sy oorloop aksie en die gelyktydige ontsnapping van sy gesin gereël het, het Kusminof op 9 Augustus 2023 radiokommunikasie afgeskakel en naby Poltava, Charkif-oblast in Oekraïne, geland waar Oekraïense magte hom ontvang het.[1][2]

Op 5 September 2023 het die Oekraïense intelligensieverteenwoordiger Andriy Yusof aangekondig dat Maxim Kusminof 'n beloning van $500 000 sal ontvang wat in die Oekraïense grivna betaal is. Yusof het ook belowe dat Kusminof en sy gesin ongespesifiseerde sekuriteitswaarborge sal ontvang, asook uiteindelike Oekraïense burgerskap.

Op 13 Februarie 2024 is Maxim Kusminof doodgeskiet in Villajoyosa, Spanje gevind.[3][4][5]

  1. Kostenko, Josh; Pennington, Maria (4 September 2023). "'Let's give it a try,' recalls Russian pilot who defected to Ukraine in his military helicopter". CNN (in Engels). Besoek op 19 November 2023.
  2. "Операцію "Синиця" з перельотом Ми-8 РФ в Україну готували півроку". mil.in.ua. 24 Augustus 2023.
  3. "Russian pilot who surrendered helicopter to Ukraine found shot dead in Spain". pravda.com.ua. Besoek op 19 Februarie 2024.
  4. "Asesinan a tiros a un hombre ucraniano en un garaje de Alicante". ABC C. Valenciana (in Spaans).
  5. "ГУР Украины заявило о смерти угнавшего Ми-8 российского летчика Кузьминова". Коммерсантъ (in Russies). 19 Februarie 2024. Besoek op 19 Februarie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search